Articles

Neem asb kennis van die volgende: Mag ons fotos van die internet gebruik?

Daar is bekommernis uitgespreek op die laaste PSSA vergadering oor fotograwe wat “stock” foto’s, “scrapbook” prente, grafiese “stock” foto’s en geskandeerde prente gebruik wat hulle van internet verkry (of selfs self afneem) en dan invoeg by hulle “avant-garde” of “altered reality” foto’s. Dit is n “grys” deel van klub, Salon en PSSA kompetisies. Die goue reël is om altyd foto self te neem wat jy gaan gebruik.

Julle moes al ‘n beoordelaar hoor sê het dat as jy iemand anders se kuns werk afneem, kan dit nie net so aangebied word nie en behoort dit “verander” te word.

’n Voorbeeld is: Ek neem ‘n engel af in die begraafplaas. Die beligting val so mooi op die beeld en daarom neem ek dit af. Jy mag dit nie net so aanbied nie, maar as jy dit in die foto byvoeg wat jy van n baba in n wiegie geneem het, vertel dit ‘n storie dat die engel waak oor die outjie.
Dit is beter om bv. ‘n agtergrond van n muur af te neem waarvan die verf afskilfer as om iets op die internet af te trek. Jy moet self die maan, ’n vuur of wolke afneem.

LEES ELKE SALON SE DOKUMENTE GOED DEUR. DAAR SAL JY SIEN WAT TOELAATBAAR IS.
Nog ‘n voorbeeld van die eerste PSSA Salon. Kom ons lees een uittreksel uit hulle reëls:
“By virtue of submitting an image, the photographer certifies the work as his/her own. No clip art, digital art or photographs other than those made by the entrant may be used in whole or in part in any portion of the image. Images may only be manipulated in certain categories; refer to the individual category definitions for further detail.”
So lees die “individual category definitions” deeglik deur.

Ons stem saam met PSSA in hierdie opsig. Ons Huihoudelike reels sê die volgende oor die aangeleentheid:
“Die oorspronklike foto moet gemaak wees van enige erkende fotografie proses/kamera. Deur in te skryf verklaar die outeur dat die werk en alle elemente wat daarin gebruik is, sy/haar eie is vanaf die afneem van die foto, digitale verbetering tot by die eindproduk” (7.7d)

 

Click on “read more” to read the full article.  You can also scroll to the right to view more topics.

Gaia by Lynette Lotter
Gaia by Lynette Lotter – Altered 3 Star winner & Best Junior